CommunityFEATURED

Sopkombuis vir haweloses sluit jaar af

Die interkerklike aksie wat elke twee weke ‘n sopkombuis hou vir die hawelose mense van Malmesbury, het gister hule afsluiting vir die jaar gehou.
Sowat 40 straatmense – van kinders tot bejaardes – het ‘n bord kos, koeldrank en nagereg en ‘n kersgeskenk ontvang.

Nadat daar aanvanklik slegs genieg skenkings was vir geskenke vir diegene wat gereeld deur die jaar die sopkombuis besoek, het ‘n gesin gisteroggend hul harte oopgemaak en produkte aangekoop om vir elke een wat gister daar was ‘n geskenkpakkie met seep, ‘n tandeborsel, tandepasta, deodorant en koekies te gee. Daar is ook klere uitgedeel.

Die groep het die jaar afgesluit met die saamsing van ‘n bekende kerslied waarna verskeie van die hawelose mense hul diepe dankbaarheid uitgespreek het vir die kos en boodskappe wat hulle deur die jaar by dié aksie ontvang het.

Leave a Reply

error: Content is protected !!