Weskus Matriekuitslae beter – Mouton top-presteerder
Die Weskus Onderwysdistrik se matriekslaagsyfer het die afgelope jaar met 1,8% gestyg met die streek se top-presteerder wat in die Hoërskool Swartland was.
Frank Mouton se gemiddelde van 93,9% sit hom in die eerste posisie met Marinda Nelson van Hoërskool Piketberg in die tweede plek op 92,6% en Liza Eksteen van Hoërskool Swartland ook op 92,6% in die derde posisie algeheel.
In die vyfde posisie is Louwrens Smit van Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg met 91,7%.
Die waarnemende kringbestuurder vir kring 2 (Piketberg, Porterville en Moorreesburg), Anton Retief, het aan dié courant gesê die algehele slaagsyfer in dié kring is 79,4% met 189 matrikulante wat graadtoelating ontvang het. Die kring spog ook met 17 kandidate wat gemiddelde A-simbole verwerf het.
Die slaagsyfer vir kring 1 (Malmesbury) is 82,8% met 302 matrikulant wat graadtoelating gekry het en 12 gemiddelde A-simbole.
In kring 2 het Steynville Sekondêr die grootste aantal matrikulante wat geslaag het terwyl Schoonspruit Sekondêr die grootste aantal suksesvolle matrikulante het in kring 1.
Die top-presteerder van elke skool is:
Dirkie Uys – Louwrens Smit
Illinge Lethu – Siphesande Mabangula
Piketberg – Marinda Nelson
Porterville – Petro Janse van Rensburg
Schoonspruit: Ashlynn Jade Arendse
Steynville: Benzien Jantjies
Swartland: Frank Mouton
Wesbank Sekondêr: Annéke Smith.