Latest

Vroeër druiwe-oes ‘lyk beter as vorige jare’

Druiwe-oestyd in die Swartland kom vanjaar redelik vroeg en beslis vroeër as verlede jaar met beide wyn- en tafeldruiwe wat volgens aanduidings ‘n week vroeër gereed sal wees.

Só het Hanno van Schalkwyk, Vinpro se streekwingerdboukundige vir die Swartland, aan dié courant gesê.
“Die oes is vroeër, maar teenoor verlede jaar en die vorige jare lyk die oes beslis beter.
“Vir dié tyd van die jaar lyk dit eintlik goed.

Hanno van Schalkwyk, Vinpro se streekwingerdboukundige vir die Swartland

“Daar is meer trosse en die wingerde is oor die algemeen baie gesond.
“Daar was veral ‘n beter na-oesperiode verlede jaar en dit help baie. Dit het bygedra tot die reserwes wat beter kon opbou na-oes en dan weer ‘n effek dat die vrugbaarheid beter is.”
Van Schalkwyk sê die hele streek het beter reën gehad as die vorige jaar en lyk die wingerde in die hele streek beter.

“Natuurlik wil ons nou nog ‘n bietjie reën hê. Dit sal baie help vir die droëlandgoed.”

Gevra na spesifieke cultivars, het hy gesê die Chenin Blanc en Pinotage lyk goed. “Daar is nie eintlik iets wat rerig kommerwekkend is nie. Alles lyk redelik heel gaaf op hierdie stadium,” het hy bygevoeg.

Leave a Reply

error: Content is protected !!