Kuier saam met Pieter-Steph by ACVV Aand van Ikone

Met die fondse geïn met hul eerste Aand van Ikone verlede jaar, kon die ACVV op Riebeek-Kasteel hul maatskaplike werkerskorps uitbrei van ‘n enkele professionele persoon tot drie maatskaplike werkers en twee ondersteuningswerkers.

Só is die omvang van die werk wat die ACVV in die vallei doen aansienlik uitgebrei.
Dit sou nie moontlik wees sonder die bydraes van rolspelers en ondersteuners nie.

Nou hou die ACVV weer ‘n aand van Ikone op 30 Januarie met die wêreld se beste rugbspeler uit die vallei, Pieter-Steph du Toit, as eregas en Toks van der Linde as gasheer asook Jannie Moolman en Kevin Leo in duet.

Die aand by Delsma begin om 19:00 en sluit ‘n driegang-maaltyd in.
Drag is “smart casual” en kaartjies teen R650 per persoon is beskikbaar by Michele Goosen (083 288 2902) of activities@asvvrk.org

One thought on “Kuier saam met Pieter-Steph by ACVV Aand van Ikone

  • January 14, 2020 at 9:13 pm
    Permalink

    Baie dankie!

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!