Du Toit neem maandwenner vir Swartland Fotoklub
Op die Swartland Fotografieklub se eerste virtuele byeenkoms vir 2021 het Johan du Toit van Piketberg die wenfoto van die maand ingeskryf.
Hy het ook die junior afdeling gewen met dié foto getiteld Old Khaki.
Die klub se tema vir die maand was reisfotografie en in dié afdeling het Theuns Olivier met die louere weggestap met sy foto Geelstert loop.
In die afdeling vir selfoonfoto’s het Belinda Ruhl die hoogste punt behaal met haar foto So oor die water.
Die Swartland Fotografieklub vergader maandeliks en daar word ook weer fotowerkswinkels en uitstappies vir 2021 beplan.
Die tema vir Februarie is kosfotografie.
Belangstellendes wat by die klub wil aansluit, kan die voorsitter Belinda Ruhl skakel by 066 237 5107.
Sluit gerus aan by die klub se facebookgroep of besoek die webwerf by https://swartlandfotoklub.co.za