EntertainmentFEATUREDNews

Van Lill open groepuitstalling Anthropomorphic

Die jongste kunsuitstalling by RK Contemporary op Riebeek-Kasteel is vanoggend geopen en duur tot 28 Februarie.
Met die opening van Anthropomorphic het radiopersoonlikheid, uitgewer, kunskenner en versamelaar Johan van Lill die kurator van die uitstalling, Susan Bloemhof, geloof vir die manier waarop sy die verskeidenheid werk aanbied.

Hy het gesê die werke is so uitgestal soos dit in ‘n huis of kunslokaal sal kan hang en bygevoeg dat die dae van een kunswerk/skildery teen ‘n muur verby is.
Dit is nou groepe kunswerke wat saam gegroepeer uitgestal word om ook mekaar te komplementeer.


Van Lill het ook die belangrikheid van kunsversamelaars (“as jy een kunswerk het, is jy ‘n versamelaar”) in die bewaring van kuns beklemtoon. Daardie kunswerk is nie net ‘n prentjie nie, het hy gesê. Jy leef daarmee. Dit kan vir ‘n paar honderd jaar hou en jy leen dit as’t ware eintlik maar net vir jou leeftyd. Dan moet jy dit in dieselfde of ‘n beter toestand as wat jy dit gekry het, weer vir ‘n volgende persoon aangee om daarmee te leef.

Susan Bloemhof, Anina Deetlefs, Astrid McLeod (RK Contemporary), Jo Roets, Fanie Buys en Johan van Lill.

Die 15 kunstenaars wie se werke op uitstalling is, is Vusi Beauchamp, Jaco Benade, Susan Bloemhof, Fanie Buys, Ella Cronje, Anina Deetlefs, Corlie de Kock, Christiaan Diedericks, Cow Mash, Jo Roets, Lori Schappe-Youens, Hannalie Taute, Sebastiaan Theart, Griet van der Meulen en Judy Woodborne.
https://rkcontemporary.com/exhibitions/anthropomorphic/

*Astrid McLeod van RK Contemporary het bekend gemaak dat sy by nuwe projekte, waaronder kunstuitstallings in Duitsland, betrokke gaan raak. Bloemhof sal dan in die toekoms die kuratorsrol van die gallery oorneem.

Leave a Reply

error: Content is protected !!