Woordkuns, Rata-seisoen hervat

Die maandelikse instelling genaamd Poetry Jam waar woordliefhebbers kan luister na digters en gedigte, het weer vanoggend by die Royal Hotel op Riebeek-Kasteel plaasgevind.

Die digkuns waarna besoekers kon luister het onder andere die liefdestema in Valentynsmaand en ook die tema van Covid ingesluit. Naas ‘n paar van die digters wat gereeld optree, was daar ook ‘n paar nuwe woordkunstenaars aan die woord.

Die Poetry Jam is ook deel van die Royal Arts Town Amfiteater (Rata) waar die somerseisoen die komende naweek hervat word. Roger Lucey bring sy eenmanstuk, How to build a House in the Mountain, Vrydag en Saterdag by Rata op die planke.

Rata-direkteur Mark Graham-Wilson het diegene wat die uitvoerende kunste steeds ondersteun bedank vir hul bydrae om die teaterbedryf staande te hou.

Om vir die teatervertonings by Rata te bespreek, besoek die webwerf www.artstown.co.za .

Leave a Reply

error: Content is protected !!