EntertainmentLatest

Mahieu se Rooted-uitstalling duur tot 10 Mei

Sander Mahieu se debuutsolokunsuitstalling Rooted is die naweek op Riebeek-Kasteel deur een van die Swartland se top-kunstenaars en kunsdosent Emma Willemse geopen.
Mahieu het hom ‘n klompie jare gelede uit Nederland hier gevestig. Dit sou aanvanklik net tydelik wees. In sy uitstalling Rooted in die RVT Gallery 7 on Plein is dié verplasing en hervestiging die grondliggende tema.

Die werke, het Willemse verduidelik, is nie net oor die op die oog af uiterlike landskappe nie, maar juis ook oor die innerlike landskap.
Willemse het ‘n Engelse vertaling van ‘n gedig Herinnering aan Holland deur die bekende Nederlandse digter Hendrik Marsman voorgelees.
Marsman het in die eerste helfte van die 20ste eeu geleef (1899-1940).

Willemse het gewys op die laaste paar lyne en die kontras met ons streek en die rol van water en ook wat water in die Nederlandse landskap beteken.


Herinnering aan Holland

Denkend aan Holland
zie ik breede rivieren
traag door oneindig
laagland gaan,

rijen ondenkbaar
ijle populieren
als hooge pluimen
aan den einder staan;

en in de geweldige
ruimte verzonken
de boerderijen
verspreid door het land,

boomgroepen, dorpen,
geknotte torens,
kerken en olmen
in een grootsch verband.

de lucht hangt er laag
en de zon wordt er langzaam
in grijze veelkleurige
dampen gesmoord,

en in alle gewesten
wordt de stem van het water
met zijn eeuwige rampen
gevreesd en gehoord.

Willemse het Mahieu gelukgewens met die besondere uitstalling en bygevoeg sy “kan nie wag om te sien waarheen sy werk op pad is” en hoe dit gaan ontwikkel nie.

Mahieu het Willemse en ander kunstenaars soos Jenny Parsons en Gordon Williams bedank vir hul raad met sy kunsreis tot dusver en ook sy “muse en geliefde Heather” bedank vir haar groot bydrae. Hy het bygevoeg dat sy naam op elke kunswerk staan, maar dat “Heather se naam ook eintlik daar behoort te staan”.
Die uitstalling duur tot 10 Mei.

Leave a Reply

error: Content is protected !!