Streeksentrum open straks laat in 2022

Planne vir die streekwinkelsentrum in Malmesbury is op dreef en die ontwikkelaars, Devmark, beoog om die eerste fase teen die einde van aanstaande jaar te open.

Created with GIMP

Die De Zwartland Werf-streeksentrum wat die ontwikkelaars Noord van die Malmesbury skouterrein beplan, sal uit 5 komponente bestaan. De Swartland Markt (‘n winkelsentrum met ongeveer ‘n 100 winkels), De Zwartland Werk (kantoorspasie wat wissel tussen 40 en 1500m²), De Zwartland Voorhuis (120 wooneenhede), Samaritan Malmesbury Hospitaal en Service Station (uitstalruimtes vir die motor/landbousektor).

Volgens die beplanning sal toegang na die ontwikkeling via ‘n nuwe verkeersirkel op Voortrekkerweg by die afrit vanaf die N7 geskied. Die ontwikkeling beslaan 10ha.

Jean-Pierre Nortier van Devmark het vroeër gesê dat wanneer konstruksie van dié R700m-ontwikkeling begin, sal die grondverskuiwing en infrastruktuur vir die hele terrein gedoen word. Daarna sal hulle eerste begin bou aan die private hospitaal op die noordelike gedeelte van die ontwikkeling.

Die president van die skougenootskap, Koos O’Kennedy, het vroeër bevestig dat hulle ná onderhandelinge ‘n gedeelte op die noordelike grens van die skouterrein geskenk het vir die toegangspad vanaf die beoogde 5-beensirkel. Die plan is dan om dié toegangspad te verleng tot by Piketbergweg.

Leave a Reply

error: Content is protected !!