Look me in the Eye-uitstalling vier gesondheid
Die jongste kunsuitstalling bt RK Contemporary op Riebeek-Kasteel genaamd Look me in the Eye is gister deur gasspreker en teaterdirekteur Mark Graham-Wilson geopen.

Die uitstalling bestaan uit werke van etlike plaaslike kunstenaars en die tema is daarop gemik om ná die erge inperkings goeie gesondheid te vier en mekaar as’t ware in die oë te kyk terwyl jy ‘n glasie daarop klink.

Die klink van glase is ‘n gebruik so oud soos wyn self. Bygelowe rondom dié gebruik wissel van die ernstige tot die komiese. En almal “weet” wat gebeur as ons tydens ‘n heildronk oogkontak verbreek …..


Die kunstenaars wat aan die uitstalling deelneem, sluit Ade Kipades, Grace Kotze, Fanie Buys, Gina Niederhumer, Candice Dawn B, Kim Black. Ydi Carstens, Madelein Marincowitz, Solly Smook, Lori Schappe-Youens. Marli Steyl, Nicole Pletts, Sharon Bischoff, Jessica Michelle le Roux, Adele Potgieter, Sebastiaan Theart, Richie Marley, Karen Wykerd en Leila Fanner in.
Look me in the Eye by RK Contemorary, Hoofstraat 32, Riebeek-Kasteel duur tot 30 Mei.