Revive!-roete by First Fridays bekendgestel
Die gewilde First Fridays-naweek in die Riebeekvallei het vandeesmaand ‘n Olyfoestema gehad om saam te val met olyfoestyd. Dit is ook die naweek van die jaarlikse olyffees (wat vanjaar weer weens die inperkings gekanselleer moes word).
‘n Feestelike atmosfeer en besighede wat later sake gedoen het met spesiale aanbiedinge asook olyfolie- en kos-parings het deel van die naweek uitgemaak. Die maandelikse Poetry Jam het ook by Rata (Royal Arts Town-amfiteater) plaasgevind.
Dit was ook die voorsmakie-bekendstelling die Revive!-kunsroete van Arts Town Riebeek Valley waar kunswerke in samewerking met besighede uitgestal word.
Hulle hoop om die Revive!-projek nog verder uit te bou met meer kuns en besighede betrokke, het Klaus Piprek gesê.
Daar is verskeie kuns-en beeldhouwerke op uitstalling en besoekers kan deur middel vna ‘n OR-kode by elkeen meer inligting oor die betrokke ondernemings kry en ook ‘n kans staan om groot pryse los te slaan.
Onder die werke op uitstalling (voorlopig tot 7 Desember vanjaar) is Emma Willemse & The Arteri se Stone Circle-installasie; Janno Viljoen se Succulent Lamb; Riaan van Zyl se Filmhead I, II & III; Anton Smit se Fracture 1; Misha Hillier se Dancing Dreamer 2008; Andries Rietman se Vine Woman 2020; Andries Rietman se Vine Man 2020; Wilma Cruise se Hooded Rider 2018; Anton Smit se Speed Head; Jon Wreal se Feed the People/Talking Wheat Heads en Verné Jordaan se Cheers
Vir meer inlgting, besoek ook die webwerf by https://artstown.co.za/revive/