LatestNews

Meer partye nou op Weskus DM se raad

Vyf partye het vandeesweek die tien proporsionele posisies op die Weskus Distriksmunisipaliteit ingepalm het.
Hulle is die ANC (2), die DA (5), Good (1), PA (1) en die VF+ (1).
In die afgelope termyn was slegs die DA en die ANC op die raad verteenwoordig.

Die Weskus Distriksmunisipaliteit bedien die distriksfunksies van 5 munisipaliteite – Bergrivier, Cederberg, Matzikama, Saldanhabaai en Swartland.
Die tien sitplekke (40%) van die Distriksmunisipaliteit se raad word gevul uit die uitslae van die PR-stemme (groen stembrief) in die munisipale verkiesing.
Die oorblywende 15 sitplekke (60%) is raadslede wat die 5 munisipaliteite afgevaardig word volgens hul onderskeie kwotas. Dit sal na die eerste ronde raadsvergaderings bekragtig word. In die Swartland is die eerste raadsvergadering vir die nuwe termyn nou geskeduleer vir 16 November.
Volgens die PR-lyste vir die verkiesing sal die volgende leiers die nuwe proporsionele raadslede wees, MAAR dit is onderhewig aan bekragtiging.

ANC:
Siyabulela Armstrong Gxabalashe
Enid Plaatjies
DA:
Roelof Weideman Strydom
Orzymondius Monde Stemele
Sandra Monique Crafford
Nicolaas Salmon Louw
Josias Andreas Engelbrecht
GOOD:
Jacob Alexander
PA:
Theunisen Cupido Andrews
VF+:
Jacobus Albertus Jesse Kotzé

In die afgelope termyn het die samestelling van die raad só gelyk:
Proporsioneel:
ANC 3
DA 7

SA Gxabalashe ANC PR
E Plaatjies ANC PR
B Zass ANC PR
RW Strydom DA PR
JH Cleophas DA PR
G Stephan DA PR
RE Swarts DA PR
JA Engelbrecht DA PR
WD Jacobs DA PR
JJ Hoop DA PR
Munisipale verteenwoordiging:
ANC 6
DA 9

J de Jongh – ANC – Matzikama
NS Louw – DA – Matzikama
F Kamfer – ANC – Cederberg
RV Pretorius – DA – Cederberg
SIJ Smit – ANC – Bergrivier
A Small – DA – Bergrivier
EB Mankay – ANC – Saldanhabaai
ST Vries – ANC – Saldanhabaai
FJ Schippers – DA – Saldanhabaai
M Schrader – DA – Saldanhabaai
G Kordom – DA – Saldanhabaai
BJ Penxa – ANC Swartland
BJ Stanley – DA – Swartland
VD McQuire – DA – Swartland
EC O’Kennedy – DA – Swartland

Die Burgemeester van die WKDM was raadsheer Harold Cleophas. Hy is nou die DA se burgemeesterskandidaat vir Swartland.
Die onderburgemeester was Raadsheer Boffie Strydom. Hy is nou die DA se burgemeesterskandidaat vir die WKDM.
Raadsheer Randall Swarts was die Speaker.

Leave a Reply

error: Content is protected !!