Solo Studios kan kook… en kunshonger stil
Life is about choices.
But FOMO is real.
‘n Program haas te vol om jou jis te draai. Maar net haas. Jy kan met goeie beplanning wel nog verreweg die meeste van die disse op volgende naweek se jaarlikse Solo Studios-spyskaart geniet.
Maar, as jy ‘n laatslaper is, sal jy moet fyntrap en proe want van die langtafels is al uitgeboek.
Solo Studios is reeds gevestig as een die hoogtepunte op die streek – en ookal die land – se kunskalender en die spyskaart bied weer ‘n kunsallegaartjie vir die fynproewer.

Solo Studios 2024 het 27 deelnemende “studio”-kunstenaars wat ateljees vir besoekers oopgooi, gepaar met ses galerye waar nog talle kunstenaars se werk op uitstalling sal wees, boekebekendstellings en -besprekings, verhoogoptredes, musiek, ‘n vintage-filmvertoning met wyn, wyngesprekke en -paring en die afsluiting van die naweek met die Solo Simfoniekonsert.
Dit is fondsinsamelingskonsert van die Wynland Filharmoniese Orkes met die Riebeek-Kasteel Steelband in die NG Kerk Riebeek-Kasteel.
Gemeet aan die eerste keer toe hulle verlede jaar in dieselfde kerk opgetree het, beloof dit om weer een van die hoogtepunte van Solo Studios 2024 te wees.

Die lys van top-kunstenaars by vanjaar se Solo Studios is lank. Virseker gaan ons iemand uitlaat, so ons gaan nie eers probeer volledig wees nie, maar hier is van die name Ade Kipades, André François van Vuuren, Andries Dirks, Adéle Sherlock, Binky Newman, Carin Dorrington, Clayton Sutherland en Elske Henderson.
Emma Willemse, Gordon Williams, Hannelie Strydom, Joachim Schönfeldt, Julia Buss, Katja Abbott, JP Meyer, Kevan Moses, Lizette Visser en Louis Nel.
Mare Louise Smit, Paul Kristafor, Peter Steere, Riaan van Zyl, Sharon Bischoff, Shui-Lyn White, Solly Smook, Tiaan van Deventer en Wiehan de Jager.
Onder die werke van ander deelnemers wat by galerye uitgestal word, tel dié van Mary Walker, Rudolph Willemse, William Walker, Johan Viljoen, Tanya Majo, Greta McMahon, Louisa Gerryts en Jacky Lloyd.
Leila Fanner, Claudia Gurwitz, Jenny Parsons, Ledelle Moe, Yael Davids, Johan Tahon, Karen Stander, Sonja Rademeyer en Amy Rusch.
Daar is ook Aldo Brincat, Edward Curtis, Luan Nel, Yoko Reijn, Virginia Mackenny, Jaco Benade, Bastiaan van Stenis, Judy Woodborne, Fanie Buys, Anthony Harris, Brett Shuman en Tamlin Blake.
Astrid Dahl, Lella Kondylis, Maureen Visage, Mariette Gregor, Trevor Rizzato, Hennie Meyer, Andrew Mogridge en Catherine Brennon.
Uitstallings by van die amptelik deelnemende galerye om te besoek, sluit dié by Gallery 7 on Plein (onder die vaandel van Swartland Toerisme), 1 Royal Street Guesthouse (private versameling), Die Kunshuis (private versameling), Pictorex, Rasa / Q Studio (Breathe, Breeze and Winged Things) en RK Contemporary (Quiet Revolutionaries en The Back Room) in.

Besoekers kan ook weer uitsien na die gewilde begeleide staptoere met verskillende roetes na ateljees, uitstallings en ook van die opwindende bydisse op die Solo Studios-spyskaart. Onder die reeks bydisse op die spyskaart, tel die bekroonde Aldo Brincat se optrede The Moon Looks Delicious From Here Vrydag en Saterdag by die Kunshuis; Vrydagmiddag en Saterdagaand se swartland-woordkunsvertoning (vertolk met musiek) van Rudolph Willemse se digbundel swartland deur Marcel van Heerden en Schalk Joubert asook Saterdag en Sondag se wynproegesprek deur Anton Espost en Jacques Pauw oor volpunte-wyne uit die Swartland wat al die 100%-syfer in toekennings kon aanteken.

Saterdagaand bied Riaan van Zyl ‘n filmaand met vintage cinema aan. Die saamgestelde vertoning van 4 oorspronklike films op ‘n vintage-projektor word gepaar met ‘n 4-gang vingerete-spyskaart en wyne deur Leeuwenkuil Family Vineyards.
Die Night(s) of the Long Tables is weer baie gewild en sluit etes in deur bekendes soos Isabella Niehaus.
Daar is ook Boere Fusion Cuisine by Arbeidsgenot, Kamar Biru by die Royal Hotel. Vrydagaand en Saterdagaand maak Wren Hinds musiek by La Parilla .
Vir meer inligting, besoek gerus die Solo Studios-webwerf.
