Agt kunstenaars stal saam by Pictorex uit
Augustus is vrouemaand en Augustus voel al soos lente met blomtyd en lentebloeisels. Maar Augustus is die laaste klompie jare ook kunsmaand in die Swartland wanneer kunsliefhebbers na die Riebeekvallei stroom vir die jaarlikse Solo Studios-naweek.
Vanjaar se Solo Studios vind van 9 tot 11 Augustus plaas met die afskopgeleentheid reeds die 8ste asook ‘n boekebekendstelling wat die Donderdagmiddag by Pictorex plaasvind.
Twee splinternuwe foto-koffietafelboeke – #roadtrip en abstractions – van Rudolph Willemse word daar vrygestel.
Willemse se foto’s maak ook deel uit van die groepuitstalling daardie naweek by Pictorex.
“Wat ek gaan uitstal is foto’s uit #roadtrip, in A4 grootte.
“#roadtrip is ‘n versameling foto’s oor landskappe en geboue wat iets sê oor die land waarin ek leef en waarvoor ek lief is. Dis meer as ‘n dokumentasie. Ek werk met ruimtelike aspekte, met stilte, ‘n bietjie humor en heelwat suggestie.
“Daar is ‘n doelbewuste spel tussen die harde, ongenaakbare en in kontras daarmee, die sagter en meer gerusstellende. Die hooftemas is verganklikheid en verlatenheid, sou ek dink. Maar ek is ook geïnteresseerd in hoe mense se idees van wat “mooi” is, tot uitrukking kom in wat hulle met hulle geboue doen, ook oor hoe hulle vrese hulleself daarin manifesteer.”
Naas dié van Willemse sal daar ook foto-werke van Mary Walker, William Walker en Johan Berto Viljoen op uitstalling wees saam met nog vier deurwinterde kunstenaars, Greta McMahon, Jacky Lloyd, Louisa Gerryts en Tanya Majo.
Mary Walker photographs birds and insects in her garden.
She “loves the ‘little things’ that are difficult to see and appreciate unless viewed on a bigger scale.”
Birds, butterflies, dragonflies, honey bees and carpenter bees will be on display and printed in various sizes and as cards.
William Walker told dié courant he “was reading that you can take a good photograph, at any time of day. So I went out into the Swartland in the middle of summer, in the middle of the day!
Certainly not the ‘golden hour’!
“I have called the series of images I took ‘The Parched Swartland‘ and this is my favourite one, taken on the road from Riebeek Kasteel to Malmesbury.
“It is, of course, for other to decide whether it is a ‘good photograph’ or not.”
Viljoen sê: “Die vervulling wat die losbreek uit dokumenterende fotografie – só integraal deel van my joernalistieke loopbaan – bied, neem my dikwels ver op reis binne enkele kilometers van my tuiste en haas ook al verder na binne.
“Dit belig die reis – die op pad, die ontdekking en die beweging daarheen.”
Asked about her work on display at Pictorex, Gerryts, explains: “My digital collage images allow me to venture into a world of fantasy, where I can explore our connection to our natural surroundings.”
Majo says most of her prints that will be available are prints of paper collage works, made from found magazine paper. The prints are made to the size of the original works.
“There will also be prints from my Swartland landscape series which were created using pastel.”
- Besoek gerus hierdie skakels vir meer inligting oor die Pictorex-uitstalling asook die hele Solo Studios-naweek.