Ratte geolie vir 2025 se buite-ekspo
Promosie
Soos die jaar einde se kant toe staan, is dit weer tyd om te kyk na 2025 se almanak.
Een van die jaarlikse hoogtepunte op die program is die kykNET Buite-ekspo wat weer van 7 tot 9 Maart 2025 op Môreson naby Tierfontein gehou word.

Die organiseerders is kliphard besig met al die beplanning en besoekers kan weer uitsien na uitstallings van die heel nuutste buitelewe-, 4×4- en kampeertoerusting.
Daar is ook ‘n splinternuwe agriparkarea met landbou-uitstallings en ook oudergewoonte iets vir die hele gesin.
Die kuns- en snuffelmark asook die Henties-pretpark is jaarliks baie gewild. Onder die ander aktiwiteite waarna besoekers kan uitsien, tel ‘n Liewe Heksie-vertoning, Jimmy’s Sauces & kykNET-braaikompetisie met kykNET-persoonlikhede, ‘n veldrenervaring, 4×4-ritte saam met André de Villiers op die kykNET-hindernisbaan, helikopterritte en Maniac 4×4-ervarings.

Daar is ook weer die Hankook-kunstenaars, waaronder die Rooiwyn Profeet met sy orkes, Blackie Swart, David Fourie, Rooies, Desmond Wells, Viljoen Retief met sy orkes, Dewald Dippenaar, Nic Stevens, Nadia Louw, Johan Liebenberg, Die Broers en Posduif, wat vir die musiekvermaak sal sorg. Drie van Bok Radio se omroepers – Big Nik, Doccie Shields en Ziaan Siems – sal oor die naweek as seremoniemeesters optree, terwyl talle stalletjies heerlike feeskos sal bedien en drankies beskikbaar sal wees by die Swartland Wynkelder-wyntuin en die Castle Lite-kroeg en -biertuin.
Die kaartjies sal binnekort aanlyn beskikbaar wees. Dit word ook by die hekke verkoop.
Vir meer inligting, besoek die webwerf www.ekspo.co.za
Vir enige navrae oor kampering, kontak: admin@moresonmalmesbury.co.za