Swartland skitter weer by Veritas
Een van die jaarlikse hoogtepunte op die plaaslike wynwêreld se almanak is die Veritas-toekennings.
Die land se top-wyne is Saterdagaand op ‘n gala-geleentheid in die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum bekroon.
Onder die wyne wat geskitter het, tel ook top-produkte uit die groter Swartland.
Blake Family Wines op Yzerfontein, Darling Cellars en Riebeek Valley Wine Co tel onder die sterre met dubbelgoud-toekennings.

Dié top-wyne is Blake se Tourmaline 2024, Darling se Reserve Pyjama Bush Sauvignon Blanc/Grenache 2025 en Riebeek Valley Wine Co se Raar Shiraz Carbonic Maceration 2024 wat elkeen in hul onderskeie afdelings meegeding het.
Die toekennings bekend as die Oscars van die bedryf “is die enigste wynkompetisie in Suid-Afrika vir die bedryf deur die bedryf,” aldus die Veritas-webwerf. “Dit word bestuur deur die SA Nasionale Wynskouvereniging, wat die volle spektrum van die bedryf verteenwoordig.”
“Wyne moet deur die Wyn- en Spiritualieëraad geëtiketteer en gesertifiseer word, wat beteken dat hulle aan minimum standaarde moes voldoen.”
“Wyne wat meer as 17 uit 20 punte behaal, sal ‘n dubbelgoud kry, mits die paneel konsensus oor sodanige toekenning bereik. ‘n Wyn wat 17 punte behaal, sal goud kry. ‘n Silwer plakker sal op die bottel van ‘n wyn wat 16 punte behaal, geplaas word, terwyl bronsmedaljes toegeken word aan wyne wat 15 punte behaal.”
Die groter Swartland het Saterdagaand nóg medaljes geoes.
Die gouemedalje-wenners is Darling Cellars (Signal Tower Sauvignon Blanc 2025), Groote Post (Sauvignon Blanc 2025), Groote Post (Seasalter Sauvignon Blanc 2024), Org De Rac (Cabernet Sauvignon/Merlot Reserve 2017), Pulpit Rock (Brink Family Vineyards Merlot 2023) en Pulpit Rock (Louisa Cape Red Blend 2020).

Daar word onderskeid gemaak tussen silwer (S) en ‘n uitstaande silwer (SO).
Die SO-wyne uit die Swartland is:
Blake’s Amethyst 2021
Darling Cellars The Old Grain Silo Shiraz 2023
Groote Post Seasalter Sauvignon Blanc 2025
Groote Post The Inheritance Sauvignon Blanc Blanc Fumé 2024
Groote Post Salt of the Earth Cinsault/Shiraz 2022
Groote Post Merlot 2024
Meerhof Wines Grenache Rosé 2025
Meerhof Old Vine Chenin Blanc 2025
Org de Rac La Verne Brut Cap Classique Chardonnay/Pinot Noir 2023
Org de Rac Die Waghuis Shiraz/Grenache/Mourvèdre 2022

Die volgende wyne het Silwer ontvang:
Blake’s Single Vineyard Malbec 2024
Darling Cellars Hannuwa Amphora Chenin Blanc 2024
Darling Cellars Lime Kilns Chenin Blanc 2024
Darling Cellars Reserve Bushvine Chenin Blanc 2025
Darling Cellars Hannuwa Amphora Sauvignon Blanc 2024
Darling Cellars Reserve Bushvine Sauvignon Blanc 2025
Darling Cellars Cap Classique Brut Blanc de Blanc 2023
Darling Cellars Cap Classique Brut Rosé 2020
Darling Cellars Reserve Bushvine Malbec 2024
Darling Cellars The Old Tractor Pinotage 2023
Darling Cellars The Old Tractor Pinotage 2022
Darling Cellars Wildflower White Jerepigo
Groote Post Shiraz 2022
Meerhof Wines Chenin Blanc/Sauvignon Blanc 2025
Meerhof Wines Shiraz 2024
Org de Rac Die Waghuis Chenin Blanc/Roussanne/Verdelho 2022
Org De Rac Chardonnay 2025
Org De Rac Sauvignon Blanc 2025
Pulpit Rock Brink Family Vineyards Barrel Fermented Chardonnay 2024
Pulpit Rock Brink Family Vineyards Sauvignon Blanc 2025
Pulpit Rock Swartland Stories Pinotage Rosé 2025
Pulpit Rock Brink Family Vineyards Merlot 2022
Pulpit Rock Brink Family Vineyards Pinotage 2023
Pulpit Rock Brink Family Vineyards Pinotage 2022
Pulpit Rock Brink Family Vineyards Shiraz 2023
Pulpit Rock Brink Family Vineyards Shiraz 2022
Riebeek Valley Win Co Raar Grenache Noir 2024
Riebeek Valley Win Co Raar Petit Sirah 2024
