EntertainmentLatest

Darling hou 16de Voorkamerfest

Op Darling het dinge pas weer so half na normaal teruggekeer ná nóg ‘n suksesvolle veldblomskou, maar dit woel al weer vir die 16de Voorkamerfest wat die komende naweek (18 en 19 Oktober) op inwoners en besoekers wag.

Met ‘n propvol speellys van 21 produksies vir dié unieke fees wat jare gelede op die dorp onstaan het kan feesgangers uitsien na besondere en intieme ervarings in die voorkamers van 21 huiseienaars.
Die konsep behels ‘n “lucky packet” van drie vertonings per kaartjie. Al weet jy wie die 21 kunstenaars/produksies op die program is, weet jy nie watter drieoptredes jy sal sien totdat jy daar aangekom het nie. Feesgangers klim in ‘n taxi en ry dan na elk van die drie voorkamers op hul roete.
Daar is drie vertrek-tydgleuwe – Saterdag om 11:00, Saterdag om 16:00 en Sondag om 11:00.

Die uiteenlopende program met top-vermaak sluit ‘n allegaartjie van optredes deur die volgende kunstenaars (plaaslik en van elders) in:
Anele Dyasi
Black Noise Next Generation
Cape Town Trio
Darling Music For All
Ensemble Strelitzia
Ensemble Tropicale
Florence Rising
Ghia van Huyssteen
Glyn Lewis
Hayley Jade
Jessica King
Lonesome Dave Ferguson
Operatunity
Pieter-Dirk Uys
Ramon Alexander
Rian Malan & Was Daar Band
Sabu Jiyana
Solomon & Anekin: A Dynamic Classical Duo
The Memeza Trio
The Waterfront Theatre School
Zolie Markey en Marian Hooman.
Kaartjies is beskikbaar by Voorkamerfest-kaartjies
Meer inligting by Voorkamerfest-produksies

Leave a Reply

error: Content is protected !!