Riebeek Valley Wine Co stel nuwe HUB aan
Werner Engelbrecht
is as die Riebeek Valley Wine Co (voorheen Riebeek-Kelder) se nuwe hoof
uitvoerende beampte aangestel, het dié maatskappy aangekondig.
Engelbrecht
(48) het hom pas by Riebeek Valley Wine Co aangesluit en volg in die
plek van Andre Engelbrecht wat vroeër ‘n aanstelling by Robertson Wyne
aanvaar het.
Die nuwe uitvoerende hoof se loopbaan het begin as
wingerdboukundige in die wingerde van die Swartland, waar hy van 1994
tot 1997 vir KWV saam met produsente uit die Riebeek-, Perdeberg- en
Darling-gebied gewerk het.
Die Riebeek Valley Wine Co sê in ‘n
verklaring in sy loopbaan tot dusver het Engelbrecht “diepte en breedte
van ondervinding in die volledige wynwaardeketting opgedoen. Ons is
opgewonde oor die aanstelling” en is vol vertroue dat Riebeek Valley
Wine Co ons werksaamhede volgens ons nuwe strategie sal uitbou onder sy
leierskap.
Engelbrecht het op Oudtshoorn gematrikuleer. Hy is ‘n
enoloog (‘n wetenskaplike op die gebied van wyn en wynmaak), het aan die
Universiteit van Stellenbosch studeer en B.Sc.-grade in Enologie,
Wingerdbou en Landbouwetenskap verwerf. hy B.Sc.(Agric) Hons in Enologie
en Wingerdbou en ook ‘n MBA aan die Universiteit van Stellenbosch
Bestuurskool verwerf.
Hy het reeds posisies in sowel wynmaak as
bestuur beklee by Vinfruco, Avondale en die filiaal Waterkloof Wines van
die Boutinot-groep.
Engelbrecht het in 2013 by ConeTech
Suid-Afrika aangesluit as besturende direkteur en sedertdien ook die
toesighoudende verantwoordelikheid aanvaar vir die Europese bedrywighede
van ConeTech.