Van Rooyen neem tydelik leisels as beampte by Swartland Toerisme

Die Swartland Toerismevereniging het me. Kiewiet van Rooyen tydelik aangestel as streektoerismebeampte.
Sy het vandag begin met haar werksaamhede en sal hierdie tydelike betrekking beklee tot en met die 30ste Junie 2020, het die voorsitter, Henk Bruwer, in ‘n verklaring gesê.
Hy het haar verwelkom en sterkte toegewens.
“Ons glo dat sy ‘n waardevolle bydrae gaan lewer op die pad vorentoe.
“Graag wil ons ‘n beroep op almal doen om haar in ons midde te verwelkom en tuis te laat voel.”
Die pos het vakant geword toe die vorige beampte, René Hendricks, bedank het om ‘n pos by die Weskus Kollege te aanvaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!