General

SM waarsku oor slenterrisiko

Die Swartland Munisipaliteit het inwoners gewaarsku oor ‘n slenterrisiko.

“Daar is gerugte van twee vrouens wat verlede week met ‘n kwitansieboek by huise in Tafelzicht aangeklop het en gesê het dat hulle honde-lisensiegelde namens die Swartland Munisipaliteit invorder.
“Eerstens: Ons het geen hondelisensietariewe nie en tweedens: Ons het geen kwitansieboeke vir hondelisensies uitgereik nie.”
Die owerheid het inwoners gevra om op die uitkyk te wees “vir sodanige persone” en enige inligting in hierdie verband (waarmee hulle ry; hoe die kwitansieboek lyk; of hulle ‘n naamplaatjie en toestemmingsbrief van Swartland Munisipaliteit kan wys) aan die munisipaliteit deur te gee.

Leave a Reply

error: Content is protected !!