Kliniek vir borskankermaand
As deel van die veldtog en maand vir die bewusmaking van borskanker het Dunn’s Castle Gastehuis en konferensiesentrum buite Piketberg in samewerking met die departement van gesondheid ‘n welstandsdag gehou.
Die Departement van Gesondheid (Wes-Kaapse regering) se susters Elzet Dietrich en Chrismee de Wee het ‘n mobiele kliniek behartig en gesondheidsorgdienste soos bloeddruk, glukosetoetsing, MIV/vigs- en TB-sifting asook beradingsdienste gelewer.
Hulle het ook ‘n praatjie gegee oor borskanker en bewustheid van geestesgesondheid, asook wenke vir ‘n gesonde leefstyl en om meer produktief in die werkplek te wees.