LatestNews

WK kabinet trap vir veiligheid

Lede van die Wes-Kaapse kabinet het vandag op die eerste dag van die Premier se veiligheid- en fietstoer fietse op Malmesbury oorhandig nadat hulle vanoggend uit Saldanha vertrek het.

Hulle het ‘n 105 fietse in die Qhubeka-projek by Ilinge Lethu Sekondêr oorhandig.

Dit vorm deel van die vierdagtoer van Saldanha na L’Agulhas.

Die groep, wat naas die fietse wat oorhandig is ook wenke vir fietsryveiligheid aan leerders gegee het, vertrek môre op die tweede dag uit Riebeek-Wes na Worcester.

Premier Alan Winde het gesê: “Hierdie rit is ‘n geleentheid vir my om in gemeenskappe te kom om die Wes-Kaapse regering se veiligheidsplan te deel en om sommige van die inisiatiewe wat onderneem word om dorpe veiliger te maak eerstehands te sien.

“Ons moedig veiligheid en verbetering van mobiliteit aan in die Wes-Kaap, en ‘n belegging in die jeug is ‘n belegging in ons toekoms.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!