WK kabinet vertrek uit R-Wes
Die toergroep van die Wes-Kaap se premier, Alan Winde, het vanoggend uit Riebeek-Wes vertrek op die tweede dag van sy Veiligheid- en fietsrytoer.
Die provinsiale kabinet saam met ‘n ondersteunerspan trap oor vier dae vanaf Saldanha na L’Agulhas as ‘n bewusmakingsveldtog om veiligheid en mobiliteit te bevorder.
Swartland Munisipaliteit se burgemeester, Tijmen van Essen, het die groep vanoggend kort ná 08:00 by die Riebeek Valley Hotel afgesit op die tweede skog oor Wellington tot in Worcester.
Die groep het gister op Hopefield asook by Holvlei Primêr aangedoen voordat hulle op Malmesbury fietse in samewerking my Qhubeka fietse by Ilingelethu Sekondêr oorhandig het.
Onder die kabinetslede wat vanoggend uit die Swartland vertrek het, was dr. Ivan Meyer (landbou), Anroux Marais (sport en kultuur) en Tertuis Simmers (menslike nedersettings).
Die burgemeester van die Weskus-Distriksmunisipaliteit, Harold Cleophas, het ook die toergroep afgesien.