Dis Goeie Nuus

Gee vir ons van julle olie

Die gedeelte in Mattheus vyf en twintig is so bekend aan ons, en tog is dit ‘n ontstellende gedeelte vir my om te lees.

Tien jong dames is gereed om die bruidegom te ontmoet, hulle is al tien aangetrek, reg met lampies en olie daarin.

Dan talm die bruidegom om te kom, en hulle raak aan die slaap. Wanneer daar geroep word dat die bruidegom kom, is slegs die helfte van hulle gereed om die bruidegom te ontmoet. Al verskil tussen die meisies word aangedui as dwaas en verstandig.

Dit kom daarop neer dat almal lampies gehad het om die bruidegom tegemoet te gaan, en so met lampies te begelei na die bruid. Die lampies moes aangesteek gewees het, want by die tyd dat die bruidegom gekom het, het van die lampies begin uitgaan. ‘n Tekort aan lamppolie.

Dit blyk dat die verstandige dui op diegene wat gereed was, toegerus met meer olie as wat aanvanklik geblyk het voldoende te wees. Dit lyk asof die wat as dwaas beskryf word gedink het dat hulle ook sal ingaan na die bruilofsmaal. Is ons voorbereid om te wag totdat die bruidegom kom?

Of tel ons onder die dwase, wat nie voorsorg getref het nie?

Slegs helfte van die wat gereed was, het saam na die Koninkryk van God gegaan.

Leave a Reply

error: Content is protected !!