Gelukwensinge stroom in vir Du Toit
Boodskappe van gelukwensing en bedankings stroom in vir die Swartlandse boorling Pieter-Steph du Toit (27) wat op ‘n gala-aand in Japan deur Wêreld Rugby as die No.1-speler in die wêreld aangewys is.
‘n Plasing van dié courant wat oor dié besondere prestasie van die oud-leerling van die Hoërskool Swartland berig, het sedert gister reeds meer as 172 000 mense bereik en meer as 13 000 voorkeure (“Likes”) en delings.
Hier is ‘n paar van die gelukwensinge op die plasing:
Hans Olivier skryf: “Baie Geluk. Jy het jou beste gegee en jou mooi gesindheid om jou Skepper te Eer. God seën jou. Geniet elke oomblik.”
Debby Frans skryf uit Nieu-Seeland: “Hy verdien dit deur en deur. Daar waar die bal is, is hy. Hy speel met “Force Passion”. Die Mooiste is hy is so Humble. So so mooi. Hierie African old woman Steph will keep you in her prayers. You go for it my Boy. You go. Proud moments. We all love you. Jou ouers jou familie alle krediet aan hulle. MAG ons nie DIE HERE Vergeet nie HY gaan vir jou mooi goed kom doen. Baie Baie liefde uit NZ.”
Gert Claassen skryf: “Niemand verdien dit meer. Yster!”
Akteur Hennie Smit skryf: “Soo trots …was my keuse ook …was ook in laerskool en st. 6 daar op skool.”
Olivier Kritzinger skryf: “Baie geluk Pieter Steph! My rugby hero van weleer was Piet (Spiere) du Toit. ‘n Voorryspeler (sestiger jare) wat sy opponente ” stukkend” geskrum het. Voorspoed vir jou!”
Hennetjie Odendaal skryf: “Well done…….Swartland boerklong!!”
Rina Van Breda Coetzee skryf: “Yster…. Baie geluk, jy verdien dit. Konstante spel en nederig. Jy verdien dit.”
Van Der Byl Brink skryf: “Baie, baie geluk Pieter Steph. Sowaar ‘n groot prestasie!!!! Ons is baie trots op jou !!!!”
JP le Roux skryf: “Well done! Definitely DESERVED. THANKS FOR THE MEMORIES!!!”
Hester Sophia Esta Marais skryf: “Baie baie geluk. Julle is ‘n ongelooflike span en almal sulke plat op die aarde mense. Ons is sooooo trots op hulle.”
Hannelie De Witt Landman skryf: “Baie geluk …jy gee weer hoop vir so baie wat dit nodig het …Harde werk word beloon …DANKIE vir jou voorbeeld.”
Strydom Bruwer skryf: “Baie geluk Pieter-Steph. Jy maak die hele SA trots! Oupa Piet sou só trots op jou gewees het. Jy verdien hierdie eer en erkenning!”
Tina Marais skryf: “Baie baie geluk! Ek dink nie jy weet mooi hoe groot prestasie dit werlik is om uit so baie spelers as die BESTE gekies te wees nie. GELUK ook aan jou ouers!”
Helen Knight writes: “You deserve it young man.You are a credit to the sport, the team and your family. You are a good example for the youth of today. Well done.”
Theo Steenkamp skryf: “Dis nou ‘n welverdiende toekenning. Boonop is dié man se voete op die grond en hy vergeet nie waar hy vandaan kom nie. Welgedaan Pieter-Steph. Jou ouers kan met reg trots wees op jou.”
Clifford MacKenzie writes: “Pieter-Steph you deserve it. You’ve developed so much as a player. You work tirelessly. Play hard. Don’t look for glory. And you don’t give away many penalties. Keep it up young man.”
Carmen Belinda Roberts skryf: “Trotse Rocky-ondersteuner…baie geluk aan Pieter-Steph. Hy verdien hierdie toekenning.”
Petro van Wyk skryf: As oud-Riebeeker (wat jou oupa persoonlik geken het) so trots op jou. WAT SOU OUPA PIET SE KOMMENTAAR WEES wonder ek.”
Du Toit, wat op 9 November 2013 sy debuut in die Groen- en Goud gemaak het, is vroeër vanjaar vir die tweede keer as Suid-Afrika se Rugbyspeler van die Jaar aangewys nadat hy dié toekenning ook in 2016 ontvang het.
Só het Rassie Erasmus, wat nou ook as die beste afrigter in die wêreld aangewys is, vroeër vanjaar oor Du Toit gesels.