LatestNewsSports

Du Toit nou Wêreld se beste

Pieter-Steph du Toit, oud-leerder van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, is aangewys as Wêreldrugby se Speler van die Jaar vir 2019.

Emily Scarratt van Engeland is aangewys as Wêreldrugby se Vroue 15’s Rugbyspeler van die Jaar.
Toe hy die gesogte toekenning ontvang, het Du Toit gesê:
“Eerstens wil ek vir God bedank wat my die geleentheid gegee het om die wonderlike sport te kan speel.

“Tweedens aan my spanmaats en ons afrigtingspan. Almal hier het vanaand gesê dit is ‘n spansport en ek kan dit nie meer beklemtoon nie.
“Aan my spanmaats. Die vriendskap wat ons die afgelope paar maande gemaak het is ongelooflik. En vir my persoonlik is dit ‘n baie groot eer om hierdie toekenning te aanvaar.”

Op die vraag waarom hy dink hy vanjaar nuwe hoogtepunte in sy loopbaan beirek het, het Du Toit geantwoord:
“Ek dink as die spelers om jou ook goeie rugby speel en goeie afrigtingspersoneel by jou het en jy jou standaarde ‘n bietjie hoër stel, is dit net die manier waarop jou lewe vorentoe beweeg.

Du Toit met die William Webb-Ellis-trofee wat die Springbokke Saterdag in Japan verower het


“Dit is ‘n ongelooflike gevoel en die Bokke beteken so baie vir my dat ek dit nie kan beskryf nie.”

Hy het bygevoeg dat hulle nie kan wag om na Suid-Afrika terug te keer nie en dat hulle die land baie mis en dat heerlik sal wees om terug te wees.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!