Hospitaal wil in April alle dienste lewer
As alles volgens die huidige plan verloop kan die gemeenskap van Malmesbury en omstreke uitsien dat alle dienste by die Swartland-Hospitaal in April aanstaande jaar weer herstel sal wees.
Die Wes-Kaap se minister van gesondheid, dr. Nomafrench Mbombo, het haar tevredenheid met die vordering uitgespreek.
“Ek het die Swartland-Hospitaal in Malmesbury besoek wat deur die brand
vernietig is. Ek wou my vergewis van die vordering met die konstruksie.”
Sy is vergesel van die Swartland se burgemeester, Tijmen van Essen, en die Wes-Kaap se minister van openbare werke, Bonginkosi Madikizela.
Mbombo het gesê sy is tevrede met die vordering.
‘n Woordvoerder van die departement van gesondheid, Leensie Lötter, het by navraag gesê die teikendatum is deur die loop van April 2020.
“Die hospitaalbestuur, tesame met kontrakteurs en projekbestuur poog om deur die loop van April 2020 alle dienste, insluitend teater, radiografie, kraam en buite pasiënte, na die Swartland Hospitaal terug te bring,” het sy gesê.