Gaan jou data op huiselys na – minister
Die Wes-Kaapse regering in samewerking met plaaslike munisipaliteite in die Weskus-distrik bied inwoners die naweek die geleentheid om hul inligting on die behuisingsdatabasis na te gaan en by te werk.
Die projek word in samewerking met die Swartland, Bergrivier, Cederberg, Saldanhabaai en Matzikama munsipaliteit aangebied.
Die provinsie het inwoners daarop gewys dat dit belangrik is om seker te maak hul inligting op die databasis is op datum, omdat dit ‘n direkte impak kan hê op wie die keuses vir behuisingsgeleenthede val.
Die Wes-Kaapse minister belas met menslike nedersettings, Tertius Simmers, het aan dié courant gesê dit is belangrik dat inwoners seker maak hul inligting op die databasis is op datum, omdat dit ‘n direkte impak kan hê op wie die keuses vir behuisingsgeleenthede val.
Hy het bygevoeg dat hul besig is met ‘n projek vir selfone waar inwoners maklik toegang kan kry tot die inligting wat vir hulle sal aandui waar hulle hulself in die proses bevind.
“Dit is ook belangrik om daarop te let dat hoe lank jy op die databasis is, nie die enigste maatstaf van toekenning is nie, maar daar ook ander faktore is wat ‘n rol speel.”
Die komende
opdatering- en registrasiegeleentheid vind Saterdag van 09:00 tot
17:00 by verskillende lokale op die volgende dorpe plaas:
Riebeek-Kasteel, Langebaan, Vredenburg, Velddrif, Porterville,
Piketberg, Clanwilliam, Citrusdal, Vredendal en Vanrhynsdorp.
Vir
nuwe registrasies, sal inwoners die volgende stawende dokumente moet
indien:
– volledig ingevulde aansoekvorm
– ‘n Afskrif van die
ID-dokumente van beide aansoekers
– ‘n Afskrif van die
huweliksertifikaat, indien van toepassing
– ‘n Afskrif van
geboortesertifikate, indien van toepassing
– ‘n Afskrif van SASSA
/ hospitaaldokumentasie indien dit ongeskik is
– ‘n Afskrif van
SASSA-kaart / dokumentasie indien pensioenaris
– ‘n Bewys van
werkloosheid, indien van toepassing
– ‘n Afskrif van die
betaalstrokie, indien van toepassing
Vir opdaterings, moet
inwoners slegs toepaslike dokumente wat sedert hul aanvanklike
registrasie verander het, indien.Voorbeelde daarvan sluit in
ID-dokumente, huwelik-, egskeiding-, dood- en geboortesertifikate.