Agri/BusinessFEATURED

Spar, Geard, Postnet lewer beste diens

By die Malmesbury Sakekamer se jaarlikse galadinee is die wenners in die Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie aangewys.
Malmesbury SuperSpar, Geard Apteek en Postnet het met die wennerstrofeë in die onderskeie afdelings weggestap.


In die afdeling vir groot besighede het Agrimark en RSA Makelaars onderskeidelik die tweede en derde plekke behaal.


Saam met Geard Apteek is die Sabino Canyon Spur (2de) en die OuMutual Spies-praktyk (3de) as wenners in die afdeling vir medium besighede aangewys.


Postnet het die “podium” in die afdeling vir klein besighede gedeel met Malmesbury Guesthouse (2de) en IC Ink (3de).

Leave a Reply

error: Content is protected !!