Scarecrow Festival in volle swang
Daar is reeds ‘n verskeidenheid inskrywings vir die 3de Darling Scarecrow Festival wat nog tot die naweek duur.
Inwoners deel ‘n foto van hul “voëlverskrikker” na die Darling Scarecrow Festival-facebookblad waar die publiek kan stem vir hul gunsteling.

Organiseerder Stephan Moser sê daar is die komende naweek verskeie geleenthede in Darling wat saamval met dié fees.






Daar is Vrydagaand ‘n Opera-aand by Evita se Perron en Saterdag word ‘n Scarecrow-kattebakverkoping in die dorp gehou. Daar word ook wynproe- en jenewer-proegeleenthede in die dorp aangebied.

Saterdag vanaf 16:00 word die fees afgesluit met ‘n Scarecrow-partytjie en musiekoptrede deur Glyn Lewis.
Om 18:00 sal drie van die voëlverskrikkers vir liefdadigheid opgeveil word. Die begunstigde organisasie sal deur die wenner van die kompetisie genomineer word.