Whats On – Aksiebelaaide naweek
Dit is ‘n naweek propvol aktiwiteite en vermaak in die streek. Die Darling Scarecrow Festival loop ten einde met ‘n mark en kattebakverkoping môre gevolg deur ‘n veiling vir liefdadigheid en partyjie.
Daar is ook opera in Darling vanaand by Evita se Perron. Op Abbotsdale hou die rugbyklub vandag en môre kermis. Die Malmesbury VGK hou hul basaarnaweek tot Sondag en Moorresburg het môre ‘n groot sesse-kriekettoernooi. Die Malmesbury Gholfklub se jaarlikse Swartland Classic vind ook vandag en môre plaas.
Môreaand tree Dowwe Dolla by die Gouda Hotel op.