Summertide open op Riebeek
Om die somer in te lui, het The Gallery op Riebeek-Kasteel gister hul jongste groepuitstalling, Summertide, geopen.
Die kurator, Astrid McLeod, het gesê daar is vanjaar ‘n besonder groot verskeidenheid kunstenaars wie se werk ingesluit is. Vir die uitstalling is werke ‘salon-styl’ – van vloer tot plafon- gehang. Die uitstalling sluit etlike kunstenaars in wie se werk al by The Gallery uitgestal is asook heelparty nuwe deelnemers. Onder die kunstenaars is Anthony Harris, Solly Smook, Louisa Gerryts, Gordon Williams, André van Vuuren, Riaan van Zyl, Greta McMahon, Jenny Parsons, Bastiaan van Stenis en Catherine Brennon
By die geleentheid het een van die Riebeekvallei se jong kunstenaars Ilse Erasmus ook die splinternuwe kinderboek The first story ever told waarvoor sy die illustrasies gedoen het, vertoon.
Die uitstalling duur tot 30 Desember. Hier