Wen kaartjies na Sterrekonsert in die hawe

Yzerfontein se vakansieprogram is weer propvol soos elke jaar. Met markte, optredes en kuiergeleenthede en ‘n 4×4-dag.
‘n Nuwe toevoeging tot die program is ‘n musiekfees in die hawe.
Die Musiekfees onder die Sterre wat deur die Tafelronde aangebied word bring van die land se gewildste kunstenaars wat vir die eerste keer ‘n konsert van dié omvang in Yzerfontein se hawe sal optree.

Twee gelukkige lesers van dié courant kan kaartjies wen na die konsert op 29 Desember met Jo Black, Fatman, Arno Jordaan, Demi-lee Moore en Appel.
Organiseerder Francois van der Merwe sê hulle is opgewonde en dat dit baie werk en relings en toestemmings en gebeurlikheidsplanne geverg het om ‘n geleentheid van dié omvang na die hawe te bring. Meer as 3 000 mense kan by die geleentheid geakkommodeer word.

Van der Merwe sê die konsert word onder die vaandel van Table View se Tafelronde 246 aangebied en dat hulle tans besig is om vir Yzerfontein ‘n Tafelronde te stig.
Kaartjies teen R150 per persoon (kinders onder 10 gratis) is op itickets https://itickets.co.za/events/439612 beskikbaar asook by Haus of Decor en Yzerfontein Spar.
Bring jou eie kampstoel en “cooler” na die hawe en kom geniet ‘n aand met die sterre onder die sterre.

Vir meer inligting skakel 076 988 0292 of 082 350 0065.

Daar is twee dubbelkaartjies om op te raap in dié courant se leserskompetisie.
Om in aanmerking te kom, SMS jou naam, dorp en die naam van jou gunsteling onder dié sterkunstenaars na 076 357 2920.
die kompetisie sluit op 20 Desember om 17:00 en jou gewone SMS-tarief of jou gratis SMS’e geld.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!