Latest

Nortjé, Nelson wen met swaarste snoeke

Die wenner van die 2019 Yzerfontein Snoek Classic het gister met ‘n kontantprys van R40 000 weggestap.
Dan Nortjé het dié prys losgeslaan met sy snoek van 6,290kg wat hy van die boot Bad Boys gevang het. Dié boot is ook as die top boot in vanjaar se kompetisie angewys met hul gemiddelde snoekgewig van 5,265kg.
Die naaswenner met ‘n snoek van 5,990kg was Andries Blake op sy boot Malbec.

Die derde swaarste snoek was dié van Kobus Beukes (Wildchil) en het die skaal op 5,385kg getrek.
Tydens die prysuitdeling het die voorsitter van Yzerfontein Boothengelklub, Theunis Kruger, aangekondig dat vanjaar se hoofborg, Yamaha en Yamalube, ook ‘n langtermyn ooreenkoms met die klub gestig het om as borg vir die klub op te tree.

Die wenner van die groot prys vir die swaarste snoek, Dan Nortjé (regs), het sy prys van Melvin Victor van Yamaha (die hoofborg) ontvang.
Celente Nelson (wenner in die vroue-afdeling) saam met die Theunis Kruger (voorsitter van die Yzerfontein Boothengelklub)
Die wenner in die junior afdeling was Matthew Coates (regs). Hy het die trofee van klubvoorsitter Theunis Kruger ontvang.

Onder die ander premierborge by vanjaar se Classic, was Petec, Yzerfontein Kwikspar en Tops, HALT Lock en Tropical Refrigeration.
In die vroue-afdeling het Celente Nelson van Malmesbury op die boot Perskombers met die eerste prys weggestap. Dié wensnoek van 4,580kg het aan haar prysgeld van R5000 kontant besorg.

Andries Blake (regs) ontvang die trofee vir die tweede swaarste snoek van Iain van der Spuy
Thys Basson (regs) het sy eerste prys vir die grootste kreef van Kobus Beukes ontvang.

In die afdeling vir die swaarste snoek wat deur ‘n junior ingeweeg is, het twee broers, Matthew en James Coates, op die boot Reel Crazy onderskeidelik die eerste en tweede plekke opgeraap met snoeke van 4,885kg en 4,465kg.
Die grootste kreef op vanjaar se Classic is ingeskryf deur Thys Basson (op die boot Oneway) van Malmesbury. Die kreef het 120,24mm gemeet met Cassie Carstens op die boot Cefas in die tweede plek met ‘n kreef van 118,52mm.
Daar het vanjaar 190 hengelaars op 45 bote aan die Classic deelgeneem.

*Op ‘n spesiale veiling wat ten bate van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Yzerfontein stasie 34 gehou is, is ‘n ikoniese en historiese sardienwedloopfoto genaamd My Broken Heart van die bekroonde onderwaterfotograaf Geo Cloete verkoop. Die geraamde afdruk is vir R3600 opgeveil.

Die bekroonde onderwaterfotograaf Geo Cloete vertel meer oor sy ikoniese foto wat opgeveil is.
Dié geraamde afdruk van Geo Cloete se foto: My Broken Heart, is ten bate van die NSRI opgeveil

Leave a Reply

error: Content is protected !!