FEATUREDNews

Kreefdae lok weer talle na Weskus

Die voorlaaste kans vir sportkreefduikers om met ‘n ontspanningsvisvangpermit Weskuskreef te trek, het weer tot ‘n bedrywige naweek aan die Weskus gelei.


Op Yzerfontein was die hawe propvol sleepwaens en laatkommers moes buite die hawe parkeer.

Susan Ferguson het die naweek al die pad van Struisbaai gekom om van die hawemuur op Yzerfontein kreef te trek. Sy was heel tevrede met haar sukses.

Die visinspekteur het, pas nadat hy ‘n boete uitgereik het vir iemand wat te veel kreef by hul gehad het, aan dié courant gesê daar was heelparty van die toegelate dae wat die seetoestande nie gunstig was vir kreef trek nie.
Die boete wat uitgereik word is R500 per kreef wat die toegelate 4 per persoon oorskry. Die minimum doplengte van die kreef is 80 mm.

Daar is nou nog twee dae tydens Paasnaweek oor – 10 en 11 April (vanaf 08:00 tot 16:00) – om kreef aan die Weskus te trek. Die seisoen het in totaal 12 toegelate dae.

Vakansiegangers het ook die gulde geleentheid vir watersport benut

Leave a Reply

error: Content is protected !!