Meerderheid matrieks se uitslae môre bekend

Die oomblik van waarheid vir 2019 se matrikulante het aangebreek en al is die uitslae van die kandidate wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen afgelê het reeds bekend gemaak, is dié van die groot meerderheid wat die nasionale seniorsertifikaat afgelê het, van môre af beskikbaar.


Matrikulante kan van 12uur af hul uitslae by hul onderskeie skole ontvang of vanaf 14:00 op die Wes- Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) se webwerf by https://wcedonline.westerncape.gov.za/nsc-exams met die eksamennommer en identiteitsnommer.


In die alternatief kan kandidate ook teen ‘n koste van R3 per SMS by registreer by 35658 met beide nommers of gebruik ook die USSD-diens by *120*35658#.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!