EntertainmentLatest

Olivier, Ruhl kry hoogste punte by Fotografieklub

Die Swartland Fotografieklub het die jaar afgeskop met weerkaatsings as die tema vir die eerste maand. Op die vergadering in die NG-gemeente Swartland-Noord se keldersaal is Herman Olivier van Malmesbury se foto Waterfront Beauty as die wenner in dié tema-afdeling aangewys.

Die foto was ook die algehele wenfoto van die maand.
Olivier het met nog ‘n foto genaamd RGB die senior afdeling gewen.

Waterfront Beauty deur Herman Olivier is aangewys as die temawenner asook die algehele wenner.
Dié foto, RGB, deur Herman Olivier is as senior wenner aangewys.

Die afdeling vir gedrukte foto’s is deur Belinda Ruhl van Malmesbury gewen met haar werk Wintersdag.

Ruhl het ook die junior afdeling gewen met haar foto Prater Tower.
Die klub vergader elke tweede Donderdag van die maand in die keldersaal en die tema vir Februarie is makrofotografie.

Belinda Ruhl het die afdeling vir gedrukte foto’s gewen met die foto, Wintersdag.
Prater Tower van Belinda Ruhl is as die junior wenner aangewys

Die beoordelaar van die aand van Alicia Greyling. Daar word vanjaar ook fotowerkwinkels en uitstappies beplan.
Belangstellendes kan die voorsitter, Adriaan Vlok, kontak by 083 707 8565.

Leave a Reply

error: Content is protected !!