WEN kaartjies na kykNET Buite-ekspo – 10 jaar in 2020
Oor enkele weke is dit weer tyd vir die gewilde kykNET Buite Ekspo op Môreson langs die N7 buite Malmesbury.
Dié treffer-konsep, wat veral die laaste paar jaar ‘n ontploffing beleef in besoekertalle, vier vanjaar tien jaar en van 14 tot 16 Februarie 2020 sal dit die 19de keer wees wat die ekspo in Suid-Afrika plaasvind.

Net meer as 20 000 besoekers het die geleentheid in 2019 bygewoon, wat dit die grootste ekspo van sy soort in die Wes-Kaap maak.
Organiseerder Marius Opperman sê hierdie keer gaan daar behoorlik fees gevier word.
Daar is ‘n spesiale verjaarsdagpartytjie.
Om die 10 jaar te vier, word die gebruiklike gewilde Jimmy’s Sauces Celeb Braai-kompetisie hierdie keer as ‘n “Celeb Verjaarsdagjol” aangebied deur Jimmy’s Steakhouse Sauces.

Daar gaan groot partytjie gehou word met kunstenaars van Arendsvlei en Suidooster.
Die gewilde Hamilton Wessels sal die seremoniemeester vir die partytjie wees en Sjef Vaatjie (Tommy), nou reeds ‘n instelling by dié Jimmy’s-geleentheid, sal oudergewoonte as gas optree.
Die ekspo, verduidelik Opperman, “is hoofsaaklik gemik op buitelewe- en relevante uitstallings en beloof weer om ekspogangers die nuutste produkte te bied.
“Uitstallers bly die hele naweek op hulle uitstalruimtes en rig hulleself so in dat die publiek eerstehands kan ervaar hoe die produkte werk.
“Vanweë die sukses van die konsep spog die ekspo ook met baie prominente borge en diensverskaffers, waarsonder hierdie ekspo nie moontlik sou wees nie.”

Saam met die uitstallings is daar weer heelparty ou gunstelingaktiwiteite vir die hele gesin. Dit sluit André de Villiers van Safari 4×4 Roetes se gratis Amarok 4×4-hindernisritte asook veldfiets- en vierwielvertonings en -ritte asook helikopterritte in.
Die naweek sal ook weer propvol ander interessante kompetisies en aktiwiteite wees.
Die 2020-ekspo sal weer spog met ‘n kunsmark en ook ‘n splinternuwe Swartland Wyntuin met van die heerlikste wyne en eetgoed uit die streek.
Ekspogangers kan uitsien na selfs meer gekeurde kosverskaffers om in almal se smaak te voorsien. Daar is ook ‘n Castle Light-kroeg en -biertuin en ‘n baie gewilde ‘slush’-tuin om almal se dors te les.
Kunstenaars
Die kykNET Buite-Ekspo is nie ‘n musiekfees nie, sê Opperman, maar daar is ook top-musiekvermaak. Onder die Hankook-kunstenaars in die kykNET-hoofarena tel die gewilde Amore (Sa.), Nadia Louw (Son.), Desmond Wells (Vry.), Pieter Smith (Sa.), Joe F (Vry. en Sa.), Cheree (Sa. En So.), Wicus van der Merwe (Sa.), Sam en Calla (Sa.), Wynand Windpomp en Manie Monga (Sa.), Megan Danner (Sa.) en die splinternuwe ‘girl band’ Melo3 (Sa.).
Daar sal weer ‘n groot pretpark vir die kinders wees wat paintball insluit. Maak ook seker om nie die Sondag se nuwe Lollos-vertoning mis te loop nie.
Intussen raak naweekkampering ook vinnig vol. Besprekings kan per e-pos by moresonmalmesbury@gmail.com gedoen word, terwyl besoekers by admin@you2camp.com kan bespreek vir die kitskampering (tente word vooraf vir u opgerig en toegerus).

Belangstellendes kan Opperman kontak by marius@ekspo.co.za of 082 570 5758 of kontak vir Tersia by accounts@ekspo.co.za of 071 659 9915.
Besoek die webwerf by www.ekspo.co.za vir meer besonderhede.
WEN WEN WEN!!!
As deel van die vieringe gee dié courant ook toegangskaartjies weg.
4 mense kan elkeen ‘n dubbelkaartjie wen.
Die kaartjies gee toegang vir een persoon vir een dag – enige dag van Vrydag 14 tot Sondag 16 Februarie.
Om in aanmerking te kom, stuur ‘n SMS met jou naam, dorp en e-posadres teen Woensdag 22 Januarie 2020 na 076 357 2920.
Jou gewone SMS-tarief geld, asook jou gratis SMS’s as jy het.
Of jy kan ook jou naam, dorp en e-posadres Whatsapp na 076 357 2920.