Atletiekkenners, -sterre by jaarlikse kliniek op Malmesbury
Die jaarlikse Atletiekkliniek is Saterdag weer by die Hoërskool Swartland aangebied.

Dit is voorafgegaan met ‘n Boland Atletiek Afrigtingseminaar Vrydagaand in die Freek Stander Sportsentrum net bekendes in atletiek soos Elana Meyer en Kaai Preller.

Een van die kenners die naweek by die seminaar en kliniek was die een van die wêreld se bekendste atletiekafrigters Carl (Kaai) Preller. Hy het tientalle nasionale kampioene en spanne van etlike lande afgerig en het as ‘n IAAF-vlak 5-hoofafrigter vele afrigtingskursusse oor die wêreld vir die Internasionale atletiekfederasie aangebied. Hy was ook hoofafrigter van Suid-Afrikaanse spanne by die Olimpiese Spele en Statebondspele.






