Rekords spat op HSS interkleure-swemgala
Die Hoërskool Swartland se jaarlikse interkleure-swemgala het weer volop aksie opgelewer en behoorlik die rekords laat spat.
Die jong o.14-swemmer Kailen Kotze het nie minder nie as vier rekords in die slag laat bly. Twee daarvan het 16 jaar gestaan.
Hy het in die o.14 50m Vlinderslag die 2004-rekord van Ruan Steyn van 31.26s na 31.12s verbeter.
In die o.14 50m Rugslag het Kotze die 2008-rekord van Louis Aucamp van 34.60s tot 33.42s herskryf.
Die rekord in die ope 100m Vlinderslag is in 2017 deur Guillaume Louw opgestel. Kotze het dit nou met meer as 10 sekondes van 1:19.59 na 1:09.08 verbeter.
In die ope 100m Rugslag het die eerste twee swemmers Rolf Jonker se rekord (2004) van 1:13.49 oortref. Schalk Burger was tweede met Kotze in die eerste plek in die nuwe rekordtyd van 1:09.32.
Hier is ‘n paar aksiekiekies van die gala.