Wesbank 7’s skop Vrydag af
Oor twee dae is dit tyd vir een van die gewildste rugbytoernooie wat jaarliks in die Swartland gehou word.
Die Wesbank 7’s Toernooi groei jaarliks in gewildheid en lok vanjaar vir die eerste keer ‘n span uit Namibia en ook uit Pretoria.
Die Kudus Rugbyklub van Windhoek/Walvisbaai is die huidige Namibia Seweskampioen en Pretoria Harlequins se span uit Pretoria is ook een om mee rekening te hou.
Die gasheerklub, Wesbank, se eie span is die verdedigende kampioen en speel weer goeie rugby. Hulle het die afgelope naweek saam met Never Despair in ‘n mini-Malmesbury Derby in die eindstryd van De Doorns se toernooi gespeel en hul mede-Swartlanders met 22-7 geklop.
Spairs sal ook die naweek weer hul kleim wil afsteek.
Van die ander spanne in die toernooi wat Vrydagaand en Saterdag beslis word, sluit in Roses United, Evergreen Paarl, Ceres, Abbotsdale, Moorreesburg, Mamre, Robertson, Newtons, Paarl Rangers, Montagu, Strand, Velddrif, Young Hearts, St Georges, Young Peoples, Hillcrest, Korrektiewe dienste, Hands & Hearts, Langebaan, Vredenburg, Falcons, Good Hopes, Durbell, Eersterivier, Goodwood, Delicious (Clanwilliam), Belhar en Maties.
Die totale prysgeld is vanjaar verhoog met die kampioenspan en naaswenner wat onderskeidelik R20 000 en R10 000 ontvang.
Die wenner van die plaatkompetisie ontvang R6000 en die naaswenner R3000.
Daar is ook R1000 vir die speler van die toernooi.
In die Swartland Uitdaag-afdeling stap die wenner met prysgeld van R7500 weg en die naaswenner ontvang R2500.
Spanne in die Uitdaagkompetisie sluit Wesbank B, Flying Eagles A, Durbell B, Never Despair B, Coronations, Vredenburg B, Moorreesburg B, Abbotsdale B, Roses United B, Young Peoples B, Robertson Town B, Jagaurs Niewoudtville, Young Eagles Dassenberg, Whistling Wheels, Good Hopes B, Phisantekraal, Calvin Tigers, Delicious Clanwilliam B, Koringberg, Goodwood B en Villa Wittewater in.
Die hekke maak Vrydag om 16:00 oop en die toegangsgeld vir Vrydag beloop R20 vir volwassenes en R20 per motor (skoliere R10)
Die hekke maak Saterdag om 07:30 oop en die toegangsgeld vir Saterdagbeloop R30 vir volwassenes R30 en R20 per motor (skoliere R10)
Vir meer inligting, kontak die toernooidirekteur, Eduaan Howburg, by 071 920 1345.