Riebeek-Wes se leerders vaar goed op die atletiekbaan
Atlete van Riebeek-Wes Primêr het Saterdag hul slag gewys en gekwalifiseer om dié naweek aan die Boland Laerskool-kampioenskappe op Dal Josafat-stadion in die Paarl deel te neem.
Die skool se atlete wat met hul goeie prestasies deugedring het, is hier saam met afrigters Hywel Appollis (links agter) en Rowena Klaase (regs agter).
Die atlete is (agter) Sherma Hendricks (gewigstoot), Chriszaan Solomons (1200m) en Jody Engelbrecht (verspring, 100m en 150m).
Voor is Cayden Meintjies (verspring), Angelique Philander (100m), Faithlyn Asja (verspring) en Quirinn Russell (verspring).
Nog ‘n atleet van die skool, Allito Pieters, is die naweek in die Boland Hoërskolespan opgeneem ná sy eerste plek in die 1500m-wedloop vir seuns 14jaar. Saam met hom is afrigters Charl Jacobs en Rowena Klaase.