HSS hou langtafel, veiling vir koortoer
Die Hoërskool Swartland hou vanaand ‘n langtafel-ete en wynveiling om geld in te samel vir ‘n koortoer wat beplan word later vanjaar vir diegene wat dit kan bekostig.

Daar is ook ‘n kompetisie gehou waarin ‘n motor gewen kan word en die trekking vind ook vanaand plaas.