First Fridays vier fees op Mardi Gras-styl
Dit is al weer tyd vir die maandelikse Riebeek-Kasteel First Fridays het hierdie keer word daar sommer op Mardi Gras-styl fees gevier.
Met ‘n optog met vlotte en feesvieringe en kompetisies vir die beste vlotte en kostuums is dit vandeesweek ‘n viering om nie mis te loop nie.
Vrydagaand 6 Maart vanaf 18:30 met ‘n feestelike atmosfeer en vermaak.
Die optog sal van Bay Leaf & Thyme tot by Royalstraat beweeg.
Kontak Mark Graham Wilson by 082 851 1262 of valley.olivebranchproject@gmail.com. Let wel: u moet geregistreer wees om aan die parade deel te neem.