FEATUREDNews

Covid 19: Scholtz vra goeie burgerskap in Swartland

Daar is nog geen mense in die Swartland positief getoets vir die Corona-virus.
Só het die Swartland se munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, Maandagmiddag aan dié courant bevestig.
Daar is wel mense getoets waarvan die uitslae negatief was.
Scholtz sê die streek se gebeurlikheidsplanne is besig om in plek te val.

“Ons het vanoggend ‘n suksesvolle JOC (Joint Operation Centre) gehad wat ons geaktiveer het met al die wyksraadslede en verteenwoordigers van die departement van gesondheid en onderwys en opleiding teenwoordig. Maatskaplike ontwikkeling was ongelukkig nie daar nie.”
Scholtz sê geboue wat vir hospitale ingerig kan word, word reeds geïdentifiseer.

Swartland munisipale bestuurder, Joggie Scholtz

As na syfers gekyk word en ‘n infeksiekoers van 10% van al 144 000 inwoners in die Swartland en ‘n sterftesyfer van 2% van die infeksies, sal daar 288 mense sterf.
Sou die infeksiekoers 40% wees met ‘n sterftekoers van 2% sal dié syfer klim na 1152 mense wat sal sterf.
“Dit is als nog slegte nuus, maar dit is ‘n tipe werklikheidskontrole.
“Dit is waarom mense nie gerus moet raak nie,” maan Scholtz.
Hy het ‘n beroep op die 144 000 inwoners van die Swartland gedoen om goeie burgerskap aan die dag te lê.

“Wie verplig die burger wat uit ‘n risiko-area kom, om vir iemand te laat weet hy of sy kom uit ‘n moontlike risiko-area.
“Iewers moet jy eintlik kan kom aanmeld. En dis die area waar daar ‘n grys area nog is.
“As ons dan weet. As ons as munisipaliteit en die SAPD en die Departement van Gesondheid dit kan weet, dan kan (en die wetgewing gee ons die magte) ‘n afdwingingsbeampte die isolasie afdwing hetsy die persoon positief of negatief getoets het.”
‘n Afdwingingsbeampte is volgens die definisie iemand van die SAPD of die weermag of iemand wat aangestel is as vredesbeampte – waaronder die meeste wetstoepassingsbeamptes.


“Dit is waar goeie burgerskap vandaan kom, om te sê: Goed, ek kom uit ‘n risiko-area uit.

“Aktiewe en goeie burgerskap om in belang van mekaar op te tree.
“Selfs al toets jy negatief, moet jy 14 dae in isolasie bly.
“Ons is tog so gewoond omdat ons omgee vir mekaar dan groet ons en ons “hug” mekaar, maar nou moet ons sê: Weet jy, omdat ek vir jou omgee, staan ek twee meter van jou af weg.

“Ons grootste probleem is fopnuus en rumours oor iemand in Darling en iemand in Yzerfontein. Dit is nie waar nie.”
dié courant het ook vanmiddag van die Swartland se burgemeester, Tijmen van Essen, bevestiging ontvang dat daar tot nog geen positiewe toets in die hele Weskus Disktriksmunisipaliteit se gebied aangemeld is nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!