Jong Swartlandse sterswemmer in SA-span
Die jong sterswemmer van die Swartland Swemklub Kailen Kotze is in die Nasionale Junior Swemspan opgeneem.
Kotze, ‘n graad 8-leerling aan die Hoërskool Swartland, het vroeg in die jaar met sy eerste Rockie-swemgala ook behoorlik die water en rekords laat spat toe hy nie minder nie as 4 rekords in die swembad in die slag laat bly het.

Sy pa, Christo, het gister gesê hy wil ook net baie dankie sê vir die goeie afrigters Jessika Steyn en Olinka van Wyk vir die harde werk wat hulle doen.
Die vier rekords wat Kailen op sy skool se gala laat spat het, was dié in die o.14 50m Vlinderslag asook die Ope 100m Vlinderslag en die o.14 50m Rugslag asook die Ope 100m Rugslag.

Swem Suid-Afrika het pas hul 2020/2021-spanne aangekondig. Daar is 5 spanne – die Elite Seniorspan, Opespan, Senior Jeugspan, Jeugspan en die Juniorspan.