Agri/BusinessNews

Swartland presteer op wêreldverhoog

Die Swartland Wynkelder het pas op ‘n wêreldwynverhoog presteer met een van slegs ses Suid-Afrikaanse wyne met ‘n Platinumtoekenning op die internasionale Decanter-toekennings.
Meer as 16 500 wyne is in die 2019 Decanter Wêreldwyntoekennings geproe met 148 wêreldwyd wat Platinummedaljes (meer as 95%) ontvang het.
Swartland se 2017 Bushvine Chenin Blanc het 97 punte behaal. Dié wyn word beskryf as ‘n “vermenging van vrugte, suur en eikegeur wat die vrugtige ondertone ondervang. Elegant, lank en ‘n plesier om te drink.” Die alkoholinhoud is 13.5% .

Die ander vyf SA-wyne wat Platinum ontvang het, is: Vonkel: Le Lude Vintage Cuvée Brut 2012 – 97 punte; Wit: Tokara, Director’s Reserve 2016 – 97 punte; Rooi: Beyerskloof Faith 2014 – 97 punte; Constantia Glen Five 2015 – 97 punte en Nicolas van der Merwe Syrah 2017 – 97 punte.

Die ander wyn uit die Swartland wat die beste gevaar het, was dié wat tussen 90 en 94 punte behaal het vir Silwermedaljes.
Die lys is:
Allesverloren Red Muscadel 2018;
Rascallion Impress Rouge Shiraz-Cabernet Sauvignon-Pinotage 2018;
Riebeek Cellars Collection Pinotage 2017;
Babylon’s Peak SMG 2017;
Survivor Pinotage 2017;
The Grape Grinder The Grinder Chenin Blanc 2018;
A Fistful of Schist Reserve Chenin Blanc 2018;
Co-op Irresistible Pinotage 2017;
KWV Earth’s Essence Shiraz 2018;
Lammershoek Reserve Syrah 2015;
Morrisons The Best Pinotage 2017;
Morrisons The Best Shiraz 2018;
Perdeberg Endura Chenin Blanc 2017;
Survivor Chenin Blanc 2018 en
The Grape Grinder The Wild Olive Old Vines Chenin Blanc 2018.

Om ‘n Decanter Bronsmedalje te ontvang, moes die wyn tussen 86 en 98 punte ontvang.
Hierdie wyne uit die Swartland het Brons gekry:
Allesverloren Fine Old Vintage 2012;
Allesverloren Shiraz 2017;
Allesverloren Três Vermelhos Souzao-Tinta Barocca-Touriga Nacional 2016;
Babylon’s Peak Dryland Bushvine Chenin Blanc 2018;
Cape Wine Company Erasmus Grenache 2017;
IPL Chenin Blanc 2018;
Lammershoek Terravinum Reserve 2016;
Lammershoek The Innocent Chenin Blanc-Viognier-Sauvignon Blanc 2018;
Marks & Spencer Zebra View Cabernet Sauvignon 2018;
Morrisons The Best Cabernet Sauvignon 2017;
Morrisons The Best Chenin Blanc 2018;
Painted Wolf Guillermo Pinotage 2017;
Painted Wolf Syrah 2017;
Survivor Cabernet Sauvignon 2017;
Swartland Winery Bush Vines Syrah 2015;
Swartland Winery Limited Release Mourvèdre 2016 en
Swartland Winery Limited Release Viognier 2018

Leave a Reply

error: Content is protected !!