Entertainment

Digters lees Sondag op Riebeek voor

‘n Opwindende nuwe seisoen wag op kuns en die uitvoerende kunste in die Riebeekvallei met die Arts Town Riebeek Valley-projek wat begin momentum kry.
Mark Wilson vertel aan dié courant hy en Klaus Piprek koördineer onderskeidelik die uitvoerende en beeldende kunste vir die projek wat Sondag afskop met ‘n informele Poetry Jam in die Royal Hotel se Royal Arts Town-amfiteater.

Luister na nuwe werke wat deur plaaslike digters voorgelees word en daar is ook geleentheid vir die publiek om ‘n eie gedig tydens die Open Mic-sessie voor te dra.

Donker Jonker
Caren Kearley

Onder die gewilde plaaslike digters wat Sondag gehoor kan word, tel Donker Jonker, Johanna Koopman, Mariana del Carmen en Caren Kerley.
Toegang vir dié eerste amptelike geleentheid van die Arts Town Riebeek Valley-projek is gratis en daar sal streng by die voorgeskrewe protokol gehou word. Die program begin Sondag, 2 Augustus om 11:30.

Dit sluit die beperking tot 50 mense, die dra van maskers en die handhaaf van die nodige afstand in.

Leave a Reply

error: Content is protected !!