Gouws kry meriete met ‘meerkatmaters’
Die Swartland Fotografieklub kon ná maande vanaand weer saam in een lokaal hul maandelikse vergadering hou. Sommige lede asook beoordelaar Nicol du Toit het steeds, soos die afgelope klompie maande, via internet aan die verrigting deelgeneem.
Soreen Gouws van Piketberg het uitstekend gevaar en met ‘n merietepunt vir haar foto Meerkatmaters die junior afdeling en die algehele kompetisie gewen.

Die wenner van die tema-afdeling (lae lig swart-en-wit fotografie) was Theuns Olivier van Tzaneen met sy foto Sugar Cat. Dit was ook die senior wenner van die aand.

Die afdeling vir gedrukte foto’s is deur Adriaan Vlok van Malmesbury gewen met sy werk John Drone.

Pieter Swart, ook van Malmesbury, het die beste punt in die selfoonkategorie behaal met sy foto Two Oceans.

Die klub vergader elke tweede Donderdag van die maand. Besoek gerus die klub se webwerf, www.swartlandphotoclub.co.za.