CommunityLatest

Nuwe Oukloof-uitstalling geopen

In ‘n tree in die rigting om die uitstallings en stories in die Riebeekvallei Museum meer inklusief van die geskiedenis van die vallei te maak, is ‘n uitstalling oor die Oukloof in Riebeek-Kasteel gisteraand geopen.
Die geskiedkundige geleentheid is bygewoon deur van die oorlewende inwoners van dié ou woonbuurt rondom die huidige Kloofstraat.
Die 57 huishoudings is in 1965 gedwing om na Esterhof te skuif en hul huise en kerk is platgestoot.

By die geleentheid gisteraand het die Prinses van die Bataung-stam, Sanna Cloete, wat ook in die vallei groot geword het, vertel van haar kinderdae en die museum en uitstalling op tradisionele wyse gesalf.
Onder die oud-inwoners van Oukloof is Andries Koopman wat ‘n skaalmodel van die woonbuurt saam met sy vrou Hannie gebou het. Hulle het gisteraand ‘n geraamde foto ontvang van waar hul onlangs besig was om die skaalmodel te herstel.
Roger Roman, wat instrumenteel was in Nuwekloof-projek om ook die geskiedenis van die Oukloof te dokumenteer, het ook ‘n foto ontvang ter waardering vir sy werk.

Kosie de Bruin het ook oor die geskiedenis gesels.
Chris Murphy van die museum het die gaste vertel van die museum se visie tot inklusiwiteit.
Daar word ook beoog om later op die plein in Riebeek-Kasteel en ook in Esterhof klein monumente ter herdenking op te rig.

Leave a Reply

error: Content is protected !!